Tuesday, April 12, 2011

Check jy jou emails?

Ek moet vir *Vlooi dankie se vir vandag se topic.  Dis te danke aan haar heel onaangename blaps vandag dat ek vanmiddag sit en bedink het hoe toe ons partykeer is.

Kom ek verduidelik.  Die stomme mens het 'n e-pos geskryf en vir die verkeerde persoon gestuur.  Soos dit is met Murphy se wet, het sy natuurlik iets oor die persoon gesê vir wie sy nou verkeerdelik die e-pos gestuur het.  Ek het kliphard gelag toe ek die storie hoor, maar ek dink sy sal eers baie later hieroor kan lag. Dis nou Vlooi - ek dink nie die persoon vir wie sy die e-pos gestuur het, sal dit amusant vind, hetsy nou of later nie.

Ek is seker Vlooi is nie die enigste een wat so 'n storie kan vertel nie.  Ons almal kan seker dink aan 'n soortgelyke storie wat ons oorgekom het.  'n SMS wat per ongeluk na jou ma toe is, instede van jou lover... imagine dit... nee, wag, moet liewer nie!

Vlooi... jy moet waaragtig nie eksepsie neem vandag nie.  Ek is baie lief vir jou, vriendin.  Jy't net my gedagtegang aan die roer gesit.

Nou-ja, laat ons uitkom by die eintlike storie.  Net soos met die tegnologie (e-pos, sms, facebook, twitter), maak ons blapse met ons doen en praat.  Ons kyk nie voor ons die SEND knoppie druk nie.  Ons lees nie die goed deur en maak seker ons stuur dit vir die regte ou nie. Ons dink nie voor ons praat nie.  Hoeveel keer het jy al 'n e-pos gestuur sonder die attachment.  Ek doen dit gereeld.  Nie net letterlik nie, maar figuurlik ook.  Dan maak die boodskap wat aan die anderkant uitkom net glad nie sin nie - dis 'n halwe begrip.  En as mens nie al die nodige inligting het nie, kan jy mos nou die verkeerde afleidings maak uit dit wat jy wel gekry het.


Natuurlik kan ek nou die anderkant ook speel.  As jy die heeltyd moet check dat jy die regte recipients gecopy het, omdat die inligting tog net nie by die verkeerde persoon moet uitkom nie, dan moet jy dalk eerder weer die inhoud check.  Tel jou woorde.  Sit 'n wag voor jou mond. Hoe baie het ek nie al hierdie woorde gehoor nie.  Maar natuurlik sal ons keer op keer weer in die strik trap.

Ek skinder nie.  Maar ek doen.  Ons almal skinder.  En die wat se hulle skinder nie, skinder oor mense wat skinder.  Ek weet dit, want ek doen dit.  En, o behoede jou hart en siel as jy in die middel van 'n sin betrap word.  Jy kyk die heeltyd oor jou skouer sodat die inligting nie by die verkeerde persoon beland nie.

Ek het ook al hoeveel keer myself vererg vir 'n e-pos wat ek van iemand af ontvang het.  Dan begin ek sommer met 'n swets of twee die e-pos beantwoord.  Nes ek voel ek het genoeg afgekoel, delete ek dit weer en begin oor.  Maar wat maak ek die dag as ek per ongeluk die SEND knoppie druk?  Gelukkig kan ons nog ons emails check voor ons dit stuur.  Die probleem is wanneer jy 'n ding hardop gese het.  Jy kan nie weer delete en oorskryf nie.  Die skade is gedoen.

So, vandag het ek twee lesse WEER geleer:
1. Kyk voor jy stuur. Dink voor jy praat.
2. Moenie dinge kwyt raak wat jy nie vir enigiemand kan vertel nie.
 

5 comments:

  1. so waar so waar! Hoeveel keer het ek al 'n e-pos of sms getik, net om weer te lees en te dink "genade, dit klink bietjie erg"

    ReplyDelete
  2. As daar maar net 'n ctrl z knoppie vir al ons "oepse" was... of dit nou vir die computer of die lewe is!

    ReplyDelete
  3. Nou die dag so 'n gek gevoel. As die ou nie weer met my praat nie, dan is dit nou maar so. Na gholf maak ek 'n aanmerking oor 'n ou se onvermoeë om iets te doen, want hy is mos nie in die geselskap nie. Ek sien hom daar ver met sy swart broek en wit hemp. Iemand anders wys met groot oë die ou sit agter my. Ek kyk nie om nie want ek besef toe die ou wat ek daar ver gesien het was nie ou Jack nie. Oops ek soek die delete knoppie maar send is reeds gedruk, Nog 'n "vriend" verloor en 'n vyand bygekry

    ReplyDelete
  4. so waar! dis min dat mens die situasie kan red!

    ReplyDelete
  5. Sjoe, my pa! Dis 'n poef ene daai. Dit is nou eenmaal jammer mens kan nie rewind / undo nie.

    ReplyDelete