Friday, April 1, 2011

Hulle almal is dieselfde...

Ugh!  My hart sit nou saam met my moed in my skoene oor mense se hartelose onmenslikheid en onwilligheid om hulle minds oop te maak vir enigiets behalwe hul eie opinie.

Ek het heel onskuldig gaan staan en rook nou net.  Daar bo gekom het 2 kollegas mekaar raakgeloop.  Die een (kom ons noem hom Piet) is 'n 50-jarige wit afrikaner man.  Die ander (ons noem haar sommer Karen) is 'n 25-jarige wit afrikaner meisie.  Net vir die rekord, ek is 'n amper 30-jarige wit afrikaner vrou.

Dis die agtergrond.  Nou vir die storie.

Ek het iewers in die middel van die gesprek op hulle afgekom en net die volgende woorde gevang "..liewe hemel, Piet, die fokken goed is almal dieselfde." en Piet antwoord "Ja jong, 'n kaffer was nog nooit 'n mens nie.. sal ook nooit wees nie".   Ek het nie nodig gehad om nog 'n woord verder te luister om te weet dat ek by hierdie gesprek nie wil betrokke raak nie.  So, ek gaan staan toe maar eenkant en rook my rokie in stille verslaenheid.  Terwyl ek teug aan my stokkie, luister ek na die emosie-belaaide gesprek tussen 2 uitgesproke rasiste, en die woede en hartseer en allerhande ander deurmekaar gevoelens wel in my op.  Ek dink aan 'n honderd goed wat ek vir hulle kan sê om hulle stil te maak, maar ek weet niks gaan help nie.  Ek is in elk geval nie gebou vir konflik nie.

Ek hoor hoe hulle praat oor hoe die "goed" (dis nou swart mense) wat steel en moor en verkrag, en hoe 'n mens nooit hoor van 'n wit man wat 'n swart meisie verkrag nie (dis blykbaar Steve Hofmeyer se woorde in 'n '3rd Degree' onderhoud).  En elke 2de verwysing na die "goed" verander in die k-woord net vir ekstra klem... bietjie oemf in die oomblik.

En nou sit ek terug by my tafel, en ek kry skaam.  Skaam vir myself oor ek niks gesê het nie.  Skaam vir 'n 25-jarige meisie wat vasgevang is in haar ouers se onmenslikheid.  Jammer vir haar dat sy hulle kak op haar skouers moet dra, maar ter selftertyd die moer in vir haar oor sy nie vir haar self kan dink nie.  In 'n mate kan ek nog Piet se agressie verstaan.  Hy't grootgeword in 'n ander tyd.  Die system het hom opgefok, en vir hom om nou te begin anders dink, is seker baie gevra.

Ek dink die labelling van ander mense sit bietjie naby aan my lyf.  Dis dalk hoekom my hart so bloei vir die darkies met wie ek te doen kry.  Ek dink in baie gevalle dat die woorde, "hulle is almal dieselfde", hulle minds ook so opgeneuk het dat hulle actually glo hulle sal nooit iewers kom nie.  Dat hulle voel hulle moet nou maar join in die stelery, want dit word van hulle verwag.

Ek weet dit sal nooit gebeur nie, maar sal dit nie awesome wees as die dag aanbreek dat ons almal ons boksies op 'n hoop verbrand nie?  Die boksies waarin ons ander mense plaas.

Swartmense is nie mense nie
Swartmense steel, moor en verkrag
Swartmense is dom
Witmense is rasiste
Gays is promuskuees
'n Gay man is 'n fairy
'n Lesbeen vrou is butch
Studente is dronkgatte
Mense wat in Sandton bly, is hoogmoedig
Mense wat in Boksburg bly, is kommin
Girls met blonde hare is dom
Middeljarige afrikaanse vrouens is naief
Mense wat kerk toe gaan, is skynheilig
Mense wat nie kerk toe gaan nie, is ver van God af
Mense met baie geld ken nie liefde nie

Voeg maar jou eie labels by die lysie.  En gooi dit op 'n hoop om te brand, want labels fok mense op!  Asof die system nie screwed up genoeg is nie, klim ons as individue ook op die band wagon en speel lekker saam.

Party van ons oor ons saampraat en labels plak, ander van ons oor ons stilbly...

1 comment:

  1. Het eintlik teks opgesoek en toe op jou blog afgekom (wie weet hoe). Sjoe - dankie vir hierdie stukkie. Ek het al my werk verloor omdat ek my uitgespreek het teen 'n spul patetiese boere se menings oor God se skeppings. Ek saluut jou omdat jy dit hier gesit het, laat my ten minste weet dat dit nie net ek is wat nie rassisties is nie. Jy kan loer na my blog ook: www.sbjministries.blogspot.com

    Anel

    ReplyDelete