Wednesday, April 6, 2011

0.7kg ligter!

Daar is 'n goeie rede hoekom ek nie gister geblog het nie.  Ek was besig, en toe was ek moeg.

Jy sien, ek het gistermiddag na werk my Wii Balance Board met Wii Fit Plus gekry... plus nog 2 ander games ook - My Personal Trainer: Cardio Workout & NewU ietsie ietsie (het nou nie die ding se naam voor my nie - hy's in elk geval nog nie oopgemaak nie... was te moeg).  Dalk bietjie over kill met die klomp ekstra games, maar ek voel as 'n mens 'n ding wil doen, dan doen jy hom ordentlik!

Vanaand het ek weer geboks (dis nou die Cardio Workout)... die keer met 'n bietjie meer ywer, en laat ek nou vir jou vertel: daai ouens wat sê die Wii Fit is 'n foefie, kan gaan vlieg.  Ek het behoorlik gesweet, en as jy die ding se program volg, dan laat hy jou skuldig voel as jy wil stop halfpad, so jy hou vol en druk deur.  Met my fiksheids level, het die outjie my gedruk tot kort duskant miltsteek.

Blykbaar is my balans ook 'n bietjie af, ek lê so bietjie op my linkerbeen, maar met die yoga oefeninge (volgens die make-believe instrukteur), behoort dit sommer vinnig vinnig reg te kom.  Ek het 3km op 'n fiets gery (eintlik net in die lug getrap), 'n skaatsplank bemeester (soortvan), 'n snow board by 'n berg afgestuur (glad nie reguit nie), 'n sneeugeveg gehad, ge-hula-hoop, aerobics gedoen dat ek simpel lyk... en dis nie helfte van die goed wat ek aangevang het in die laaste 2 dae nie.  Ek trek wel die gordyne toe as ek my boude begin wikkel, want ek glo daar is niks flattering vir die bure as ek rond-wobbel op my Balance Board nie.

Ek's excited oor die storie, man!  Kan jy glo, tussen gister en vandag, is ek al reeds 0.7kg ligter?!  Volgens die masjientjie, is dit 'n druppel in die emmer, maar ek sê "dis 'n begin".  En ek voel dit aan my lyf.  My arms, my skouers, my boude, my bene, my maag, my rug - al die spiere in my lyf is daai lekker oefenstyf.

Ek hou nou eenmaal nie van hardloop nie (dis in elk geval sonde - daar staan in Spreuke: "Net 'n dwaas hardloop as niks hom jaag nie", en daar is niks wat my jaag nie), en ek is heeltemal te selfbewus om in 'n gym te gaan vetskud voor 'n klomp vreemde mense.  So, die lawwe speletjies voor die tellie werk vir my.

Ek's op 'n mission, en hierdie is my eerste stappie... en wat 'n lekker stappie is dit nie!

7 comments:

  1. Wow! Jy het omtrent oefen-ywer! Gaan jy dit volhou? Hoop so! Ek dink ek moet manlief ompraat om vir my ook so Wii-wii ding te koop... ek het nog nooit van 'n gym gehou nie...!

    ReplyDelete
  2. Ek hoop nie die ding beland in die kas soos al my vorige pogings in 'n ander kamer staan en die blok wat ek om gehardloop het onder die bed ingeskop is nie.

    ReplyDelete
  3. Aaaaah! Ek kan nie my arms reguit maak nie! Gedog ek het gisteraand geweet wat 'n stywe lyf is. :)

    @My Followers... die ding gaan my nie sommer los nie. Dis meer pret as werk. Ek speel so lekker ek kom nie eers agter ek oefen nie.

    ReplyDelete
  4. Jammer oor die harloop gedelte. kyk wat kry ek gister.

    1 Timothy 6:11
    Run from all evil things. Pursue righteousness and a godly life, along with faith, love, perseverance, and gentleness.

    :-) <><

    ReplyDelete
  5. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  6. hahaha. het ek darem nou lekker gelag vir die hardloop storie. Ek moet dit tog vertel vir die klomp wat vir die Comrades oefen dat hulle tone bloei. Nouja, hulle sal seker saam met Paulus stem...

    Ek probeer nou maar die gym ding doen wanneer die kinders swem oefen (ja, reg!!).

    My wenslysie vir verjaarsdag, kersfees (kinders ingesluit) is 'n Wii, maar eers moet ons die TV vervang... - daar is nie meer een in die huis nie... ;-)

    ReplyDelete
  7. XBox Kinect is die nuwe Wii! Mens gebruik nie eers remotes nie. Jy moet daai een op jou lysie sit!

    ReplyDelete