Thursday, April 7, 2011

My suurlemoenboom

Ek gaan 'n suurlemoenboom plant.  Ek gaan hom eers in 'n pot plant, sodat ek hom kan rondskuif en kyk waar hy dit die meeste geniet, en dan later as hy wil, sal ek hom in die grond plant.

En as jy nou vra "'n Suurlemoenboom van alle dinge?", dan gaan ek vir jou sê hoekom.  Ek glo 'n ou se tuin moet vol goed wees wat jy kan gebruik.  Wat is die use van 'n tuin wat vol mooi blommetjies staan, en al wat jy met die goed kan doen, is om vir dit te kyk en te sê "Haai, Blommie! Kyk hoe mooi glimlag die goedjies vir my vandag.  Ek gaan vir Koning Rosedoring oornooi vir tee om ook te kom kyk na my mooi blommetjies".  Booooooooring!  Pluk liewer 'n suurlemoen, sny hom in skywe, gooi sout en sluk 'n tequila.

Ek het peppadew pitte ook.  Ek gaan hulle ook plant.  En dan is daar natuurlik die kruie wat ek wil inwerk, en die groente.  Ek wil 'n tuin hê waaruit ek kan kosmaak.  Imagine dit!  Om 'n maaltyd voor te sit met goed wat net uit jou tuin uitkom.

Kom ons raak bietjie diep filosofies...
(*** Jy kan die deel skip as jy wil... lees weer verder by die volgende stel sterretjies ***)

Jy sien, ek voel jou lyf/lewe/siel/bestaan (ag krisis, wat is die woord wat ek soek? kom ons noem dit maar jou bestaan - alles wat jy is, alles wat jou maak), kan verteenwoordig word deur 'n tuin.  Deesdae is daar soveel kits oplossings daar buite beskikbaar, dat dit nie meer nodig is om jou eie groente te plant nie. (dink nou diep!)  Ons het lui geraak met Google en Fruit & Veg.  As jy nie weet nie of het nie, dan vra of koop jy.  Ons spandeer 'n klomp geld en tyd op verrykingskampe en motivational speakers, in die hoop dat hulle die antwoord gaan hê, sodat ons nie self die werk hoef te doen nie.

Die groot probleem wat ek het met antwoorde kry by ander mense, is dat ek nie altyd weet hoe om dit toe te pas in my eie lewe nie, en sit dan later met 'n groter gemors.  Dis soos om 'n suurlemoenboom te kry, en hom te gaan plant op die verkeerde spot in die tuin.  Alhoewel hy nou daar staan, sal hy nie noodwendig oorleef en vrug dra nie.  Jy moet die antwoord eers in 'n pot plant en rondskuif in jou eie tuin, dat jy kan sien waar hy die beste werk.

En aan die ander kant kry jy ouens wat net deur die lewe cruise - gewoonlik baie buff en bietjie lighoofdig (ek hoop my simpel grappies vat darem grond) - wat blommetjies galore in hulle tuine het... lyk baie mooi, maar beteken absoluut boggerol vir hulself en die mensdom.  Dit wil 'n mens ook nou nie hê nie.

Ek het myself nou skoon deurmekaar gebabbel.  Ek hoop ek het darem my punt duidelik genoeg oorgedra.
(*** back to reality ***)

So, ek gaan begin met my suurlemoenboom (letterlik... ons is nou vir eers klaar met die confusing metafore).  En hopelik voor ek my oë uitvee, het ek 'n tuin wat blink van usefullness (dalk is hier tog nog 'n metafoor).  En as ek moeg raak vir my roos- of laventeltee, het ek 'n suulemoenskyfie vir 'n stywe tequila!

Bottoms up!

8 comments:

  1. Gelukkig is daar nie ape in Jhb wat die tuin sal verniel soos by ons nie. Dit is hoekom ons nie allerhande groente en vrugte kweek nie.
    In die werklike lewe kry jy ook ape wat jou pad kruis en jou tuin verniel deur iets te sê of te doen ongeag al die "kunsmis" (lees motiveringskampe) wat jy gegee het.

    ReplyDelete
  2. Well said!!!Cheers op 'n useful tuin... (letterlik en metafories)!

    ReplyDelete
  3. Dit is vir my 'n voorreg om te kan deel in jou useful tuin (">) - letterlik en metafories!

    ReplyDelete
  4. Testing comment function... :)

    ReplyDelete
  5. Hey! Kyk wie se fototjie wys nou by haar comments! Hehehehe. Welkom by my blog ;)

    ReplyDelete
  6. hey hey! waar is my comment? ek't eerste geskryf! Lyk my BB wou nie saamwerk nie, en nou het ek al die diep dinge vgeet wat ek wou sê. Eintlik - ek weet wat ek wil sê, maar die tyd en muse het my begewe :-(

    ReplyDelete
  7. WEns ek kon iets aan die gang kry in my huis, maar die grone vingers wil nie die ding doen nie!

    ReplyDelete