Sunday, April 3, 2011

Begin by die begin

Soos belowe in my eerste blog, het ek begin om my studeerkamer uit te sorteer.   Ek's nog nie naby klaar nie, want alhoewel ek nou voor my rekenaar in my studeerkamer sit en blog, staan daar nou 'n klomp bokse in die gang en in El se kamer wat nou moet gesorteer word.  Bokse gelabel "ou klere", "random kombuis crap", "badkamer crap", "bere stuff".  Alles goed wat ons nog nie nodig gehad het nie, maar ook nog nie weggesmyt het nie.  En natuurlik vind 'n mens 'n klomp goed in sulke bokse wat jy van lankal af soek, en eintlik vergeet het jy het dit.

Ek hoor baie keer mense sê dat hoe jou kamer/huis lyk, is 'n refleksie van wat in jou siel aangaan.  Bogstorie?  Nie vandag nie... vandag glo ek daai uitdrukking.  Vandag is dit waar van my studeerkamer en my siel.

Iewers oor die laaste paar jaar, het ek 'n klomp goed diep in my weggebêre in karton bokse.  Ek is nie helemal seker hoekom nie - ek't seker gedog ek hou dit veilig vir eendag.  Eendag het nou aangebreek.  Soos ek my studeerkamer nou stukkie vir stukkie aanmekaarsit, bokse uit pak en rakke regpak, begin daar iets in my siel roer.

Die volgende vraag, na 'n mens so besluit gemaak het om uit te sort, is gewoonlik: "Nou waar begin ek?"  En mense, wat dink hulle is slim, se simpel antwoord is gewoonlik: "By die begin".  Dankie vir niks!  As jy nie weet waar die begin is nie, dan help dit mos nou boggerol.  So, hier is my resep.  Maak 'n spreekwoordelike lysie, sorteer hom dat die belangrikste goed bo lê (die goed wat jy nie wil los vir laaste nie), en merk dan af soos jy vorder - moenie die lysie te volledig maak nie, want anders is dit net depressing om deur te werk.  My studeerkamerlysie:
Maak die kamer leeg
Vee uit
Stof af
Stel die rekenaar op
Sit die stoel aanmekaar
Blog
Maak 'n volgende lysie

;)  Daarsy!

Die lysie om my siel af te stof, is 'n bietjie meer eenvoudig (in 'n mate).  Daar is net 2 goed op my lysie sover:
Maak 'n bucket list
Tackle die ander goed

Wat die ander goed is, hoop ek sal vir my duidelik word soos ek my bucket list aanmekaarsit.  'n Bucket list is mos nou daai lys van goed wat jy wil doen voor jy die emmer skop.  Travel, trou, kinders hê, bungee jump, snow board, 'n formule 1 kar jaag, seks in 'n aantrekhokkie by Meltz... ek dink dis die tipe goed wat mens op die ding sit.
'n Groot probleem wat ek het, is om heeltyd te sit en tob oor alles wat ek al wou bereik het voor ek 30 is, maar dan vergeet ek van al die goed wat ek al reeds kan afmerk.  So, my bucket list gaan hopelik 'n paar merkies teenoor van die items hê sommer aan die begin reeds.  Natuurlik vergeet 'n mens ook om goed aan te pak as dit nie op die lysie is nie.  En as jy jou oë uitvee, het 5 jaar verbygegaan en jy sit nogsteeds waar jy sit, want daar is mos nog baie tyd.

Ek sien hierdie journey van ontbloting en ontnugtering, gaan baie meer exciting wees as wat ek aanvanklik beplan het.

Here's to new beginnings and happy endings, good friends and fine wine and everything else in between that makes the journey worthwhile!

4 comments:

  1. Jy hoef nie vreeslik te "paint" aan jou "picture" nie. Die prentjie is heel duidelik en nogal positief moet ek sê. Daar mag dalk 'n paar verf spatsels op wees, soos ons almal maar het, maar ons herken jou duidelik. Moenie probeer verander nie, wees net positief en jouself.
    Wat die studeerkamer aan betref - as jy klaar is met joune, kom kuier en sorteer myne uit asseblief. Jy het dan mos genoeg ondervinding om 'n deurmekaar wêreld reg te maak.
    Wees maar versigtig in die lapa. Die skoorsteen het nogal 'n goeie trek en die hitte daarvan sal enigiets laat brand. Ek is net bly julle kon die vuur blus. Dankie vir pêlle soos Riaan.

    ReplyDelete
  2. Dankie:)
    Goeie een - paai my oor my goeie werk, en nooi my om dieselfde daar te kom doen! As ek kom kuier, kom ek nie werk nie ;)
    Ek bring my gholfstokke saam.

    ReplyDelete