Thursday, June 23, 2011

Bid... droom... skryf...

Ek het 'n song opgeneem en 'n Facebook Page opgestel vir my musieklikheid.  Ek het gevoel dis tyd.  Dis tyd dat ek iets anders doen met my talent as om om mooi liedjies in die kerk te sing.  Natuurlik is daar niks fout daarmee nie, maar hierdie droom/gedagte brand al diep in my hart vir jare lank.  So, ek gaan dit doen.  Ek gaan my hart laat hoor deur meer as net die 4000 mense in my gemeente.  Sjoe!  Dit klink baie idealisties...  kom ek vertel eers waaroor die song gaan, en dan babbel ek verder oor my toekoms met my musiek.

Titel: Ek wonder hoekom
Die vraag: Hoekom het God die aarde so mooi gemaak - die bome, berge, lig en donker, riviere, see en strand - en met Sy almal en genade aangeraak, en Sy seën daaroor uitgestort?  En hoekom dan die mens gemaak, as ons als besoedel en opblaas soos dit ons pas?  As God dan alwetend is, en kon sien wat ons met Sy 'masterpiece' gaan aanvang - hoe ons gate in Sy berge sou skiet met dinamiet om ons droom huisies te bou; hoe ons gif sou uitstort oor sy skepping en klein diertjies doodmaak wat ons irriteer; hoe ons die mees onherwinbare produkte op 'n streep sou produseer en weggooi sonder om twee keer te dink - hoekom het Hy ons dan op hierdie aarde gesit om te 'heers'?
Die antwoord: God het ons lief

Die song gaan ek inskryf vir 'n liedjieskryf kompetisie.  En daarna?  Ek's nie seker nie.  Ek het diep gesprekke met John en Henry gehad (mooi mense; goeie mense; musikante) oor die musiek industrie.  Hoe "crooked" die "system" is en hoe moeilik dit is om 'n bestaan te maak as musikant.  Dit blyk dat 'n ou moerbaie geld en "contacts" moet hê, maar harde werk en talent het nie veel met die storie uit te waai nie.  Tensy ek die lotto wen, gaan ek nog 'n rukkie vat om die "baie geld" te bekom.  Maar dalk kan ek die kontakte opbou deur liedjies te skryf vir ander ouens.


Intussen, bid, droom en skryf ek.  Waar ek kort kom met die nodige geld en kontakte, sal ek probeer opmaak met harde werk en talent.  En as jy wil saam bid en droom... wie's ek om jou te keer?  :)

Dankie vir almal se liefde en ondersteuning en motivering.  Ek is 'n ryker mens deur die mense wat God my mee omring.

En natuurlik vir God se liefde, want daarsonder... woorde kan dit nie beskryf nie.




Besoek gerus my Facebook Page en luister na die song.  Die lirieke is ook daar beskikbaar.  www.facebook.com/franciscacarstens

3 comments:

  1. Here, 'n paar minute terug is ek gechallenge om nie net te belowe om te bid nie, maar om te bid, dadelik. Vandag wil ek vir Fran bid, vir haar droom, haar begeerte. Die sisteem sê sy het geld en contacts nodig. Ek glo sy het reeds die belangrikste contact - U, Here. U het haar talent gegee. U het haar die woorde gegee, die note, die inspirasie, die droom. Vader ek wil bid dat sy altyd net U instrument sal bly, want dan is sy bruikbaar vir U. Hou haar nederig, hou haar gefokus, en seën haar Here vir haar bereidwilligheid. Ek bid dat U haar doof maak vir die kommentaar van die wereld, sodat sy U stem kan hoor. Maak haar blind vir die publiek, sodat sy net U wil kan sien. Dankie Here dat U op ongelooflike wyse mense op ons pad bring, wie ons nodig het, wanneer ons hulle nodig het. Ons loof U omdat U almagtig is, en ons WEET, niks niks niks is by U onmoontlik nie. Dankie Here dat ons alles in U naam kan vra. Amen.

    ReplyDelete
  2. Ek het geluister en weer geluister. Dit is mooi. leef jou droom uit en doen wat jy voel jy moet doen.
    Wees net jouself en wees trots op jouself soos ons ook trots is op jou.
    Liefde

    ReplyDelete