Aan die ander kant, as ek dit in 'n meer abstrakte lig wil sien - as ek dit moet apply op 'n sielstoestand, 'n hartding, eerder as 'n geldding, dan kan ek die gesegde begin nader trek en myself toeëien.
Iewers in die hoërskool het 'n ding in my hart kom sit wat ek tot vandag toe nog gereeld oordra as die situasie hom daartoe leen: As ek nie eerste na myself kyk nie, is daar later niks oor om vir 'n ander te gee nie. Ek het al gehoor van 'goeie' mense wat hulle alies sien - wat uitbrand en omkap oor daar niks meer oor is om te gee nie. Dis net half logies - as jy 'n emmer water het, en jy hou aan om koppies water uit te skep en weg te gee, maar jy het nie 'n kraan waar jy die emmer kan voltap nie, sal jy op 'n stadium die bodem tref en dan het jy, en al die mense wat op jou water staatgemaak het, 'n moerse probleem.
So ek probeer om eerste na myself te kyk, seker te maak dat my siel versorg is en op 'n goeie plek is, voor ek 'n ander ou probeer help.
Op die oomblik sit ek met 'n effense krisis egter. My emmer is leeg, en ek kry nie die kraan oop nie.
Diep...ek verstaan die gevoel. Self al 'n paar keer daar gedraai. Soms my emmer leeggemaak op mense wat toe nou eintlik onkruid is en maar altyd so droog lyk, nie rerig water nodig het nie en ook nie rerig ooit mooi blom sodat jy waardering kry vir jou watertjies nie. Die dat ek myself nou begewe in die teorie van Quality of Life en Subjective Well-Being. Self sukkel ek ook met die fisiese uitdeel van goedere. Maar van my hart gee ek graag. En snaaks, wanneer ek nie gee nie, het ek nie om te gee nie en voel ek dood. Maar hoe meer ek gee, hoe meer is daar om te gee. Tot ek op 'n dag verstaan het van die twee vissies en vyf brode wat God my elke dag gee. Ek dink elkeen se kosblik lyk anders, maar my vissies is liefde en omgee, en my brode is hulpvaardigheid, geduld, goeie raad, empatie en lojaliteit. En hoe meer mense ek voer uit my kosblik, hoe meer mandjies kos bly daar oor aan die einde van die dag. Maar as ek die dag honger is en self my vissies en broodjies eet, is dit nie eers genoeg om my versadig te kry nie.
ReplyDeleteLizzy... dis nou 'n baie pynvolle waarheid aan die teenkant van die muntstuk. Wow! Dankie!
ReplyDeleteAI! Nou wil ek so graag iemand hê wat my kan help, my emmertjie is ook leeg, leeg.... Die emosionele emmertjie is net leeg!
ReplyDeleteEk het self nog nooit van daardie gesegde gehou nie. Pas my nie, hy my nog nooit gepas nie. Dalk is ek net stubborn, kans is goed (dit loop in my bloed LOL). Wanneer my migraine nie wil breek nie en my kos kaste nie kan le"er nie is wanneer mense aan my deur klop en dit is wanneer God hulle seen deur my te gebruik. So wanneer MY emmer leeg is is juis wanneer ek moet gee. Dan gaan dit nie meer oor my nie maar oor die ander. In my swakheid kom God se krag na vore en nie anders om nie. Ek vind ek is selfsugtig wanneer my emmer te vol raak en die trotse gogga steek sy kop uit. So God help my met nederigheid. Ek weet hoe dit voel om te moet vra en ek weet hoe dit voel om te moet ontvang. Maar ek ken ook die seen van gee wanneer ek emosioneel voel ek kan nie. God se wereld systeem is anders as ons sin, dis op sy kop. Die sterkste is die swakste, die rykes is arm en die wat meeste is die minste.
ReplyDeleteSusan, baie dankie vir die comment.
ReplyDeleteEk dink ek begin dit nou verstaan.