Dis als nog 'n bietjie (baie) surreal. Francisca Carstens - Crescendo Kreatief 2011 finalis...
In my wildste drome het ek werklik nie gedink ek sal deurgaan nie. Ek het gevoel dat ek nie my beste werk ingeskryf het nie en dit was 'n bietjie afgerammel. Daar was nie tyd om die songs body te gee nie, so die click track is net so ingestuur (met 'n vals noot en 'n giggel in die middel van een van hulle). Om die waarheid te sê, ek was effe embarrassed oor die inskrywing. Dit was nie 'n week later nie, toe kry ek 'n e-pos en my naam staan iewers in die lys tussen 9 ander name. En wat gaan eerste deur my kop? Ek wonder hoeveel Francisca Carstense van Roodepoort het ingeskryf vir die kompetisie. Nou nou is dit nie ek nie...
El raas gereeld met my oor ek, volgens haar, myself onderskat. In die laaste twee kompetisies waarvoor ek ingeskryf het (DKNT Gospel en Radiokansel se Jubilaté), het ek vir haar tong uitgesteek en gesê "Jy sien... ek is nie goed genoeg nie...", maar nou is dit weer haar beurt. Ek het 'n talent om te skryf. Ek het 'n talent om te sing. Ek het 'n talent om klavier te speel. Ek het 'n talent om kitaar te speel - die boodskap moet nog net by my linkerhand se vingers uitkom (hehehe). Mens moet sulke goed aan jouself erken. Dit help nie jy erken net aan jouself dat jy 'n kort humeur het, of dat jy people skills lack as dit by dom mense kom nie. Jy moet ook aan jouself kan erken dat daar sekere goed is waarin jy dood eenvoudig goed is. En om dit te ignoreer of af te maak as niks, is 'n klap in jou Maker se gesig.
Daar is wel 'n baie fyn lyn tussen "trots" en "hoogmoed"...
Ek bid dat ek dit altyd sal onthou en dat ek sal humble bly (en my mense sal help om my humble te hou), maar steeds trots kan wees op die mens wie ek is.