My eerste blog inskrywing moes al lankal gepublish gewees het, ek weet. Ek sit met hierdie space waar ek kan create, vent, preach en sommer net share, maar dis 'n empty space. So, vandag word hy gevul.
Daar is 'n miljoen goed wat in my kop maal - stories, gedigte, songs, sommer random woorde - maar die oomblik as ek tussen mense is, is my bek stil. Of selfs hier op my blog. Ek kan vir jou baie oulike goedjies uitdink, maar om een of ander rede sukkel ek om dit te share. Hoekom?
Ek sal my eerste teorie deel vandag. Ek is bang vir rejection. "Jy?!" sal baie mense seker nou sê. "Jou hare, jou aksies, jou leefstyl, jou praat, jou songs... die goed vertel 'n ander storie - nie een van bangwees nie." Maar dis nou hoe dit is. Mense vra my gereeld - genoeg dat dit begin pla - "Wanneer bring jy 'n CD uit?", "Wanneer hoor ons jou op radio?", "Hoekom sing jy nie professioneel nie?", en die default antwoord: tekort aan TYD en GELD. Maar eintlik is dit 'n airy fairy bullshit storie daai. Mens maak tyd, en jy knyp geld af. Die eintlike regtige ware rede, as ek nou 100% eerlik met myself en julle moet wees...
Sê nou net hulle hou nie van my nie, of van my stem nie, of van my song nie, of van die woorde van my song, of of of... Ek is freakin' kakbang vir negatiewe feedback.
Nou hoe nou gemaak? Wat moet in my lewe gebeur dat my verwerpingsangs die pad vat? Moet nou nie comments los oor hoe mooi ek sing nie, asseblief. As dit nou al vir jare nie help nie, dink ek nie jou comment oor hoe wondelike talent ek het, gaan die deurbraak vandag maak nie.
Mmmmmm... ons sit met 'n catch 22.
Ok, hier is wat nou gaan gebeur. Ek gaan my studeerkamer organiseer. Dis die eerste stap. Ek weet dis kripties, maar dis hoe dit is. Hoe meer ek share, hoe meer onrustig raak my siel oor die hele situasie. So, voor ek die pad vat oor ek nou weer myself wil oorgee aan die bang-gat-geit, gaan ek die stappe so maklik en eenvoudig en haalbaar as moontlik maak.
Want sê nou net my moed begewe my weer...