Dis als nog 'n bietjie (baie) surreal. Francisca Carstens - Crescendo Kreatief 2011 finalis...
In my wildste drome het ek werklik nie gedink ek sal deurgaan nie. Ek het gevoel dat ek nie my beste werk ingeskryf het nie en dit was 'n bietjie afgerammel. Daar was nie tyd om die songs body te gee nie, so die click track is net so ingestuur (met 'n vals noot en 'n giggel in die middel van een van hulle). Om die waarheid te sê, ek was effe embarrassed oor die inskrywing. Dit was nie 'n week later nie, toe kry ek 'n e-pos en my naam staan iewers in die lys tussen 9 ander name. En wat gaan eerste deur my kop? Ek wonder hoeveel Francisca Carstense van Roodepoort het ingeskryf vir die kompetisie. Nou nou is dit nie ek nie...
El raas gereeld met my oor ek, volgens haar, myself onderskat. In die laaste twee kompetisies waarvoor ek ingeskryf het (DKNT Gospel en Radiokansel se Jubilaté), het ek vir haar tong uitgesteek en gesê "Jy sien... ek is nie goed genoeg nie...", maar nou is dit weer haar beurt. Ek het 'n talent om te skryf. Ek het 'n talent om te sing. Ek het 'n talent om klavier te speel. Ek het 'n talent om kitaar te speel - die boodskap moet nog net by my linkerhand se vingers uitkom (hehehe). Mens moet sulke goed aan jouself erken. Dit help nie jy erken net aan jouself dat jy 'n kort humeur het, of dat jy people skills lack as dit by dom mense kom nie. Jy moet ook aan jouself kan erken dat daar sekere goed is waarin jy dood eenvoudig goed is. En om dit te ignoreer of af te maak as niks, is 'n klap in jou Maker se gesig.
Daar is wel 'n baie fyn lyn tussen "trots" en "hoogmoed"...
Ek bid dat ek dit altyd sal onthou en dat ek sal humble bly (en my mense sal help om my humble te hou), maar steeds trots kan wees op die mens wie ek is.
Monday, October 24, 2011
Wednesday, August 3, 2011
'n Nuwe Song
Ek bid op die vreemdste plekke. God het my tog gemaak, so daar is niks wat ek vir Hom kan wegsteek nie. Hy weet wat ek doen en wanneer ek dit doen, so waar ek sit, staan of lê, daar kan ek mos maar netsowel met Hom 'n geselsie aanknoop.
So staan ek in die stort nou die oggend en die song klim in my hart. Ek dink toe ek moet hom neerskryf anders gaan hy verlore, maar uit die stort, in die kar, by die werk en klaar vergeet. Vanoggend ry ek werk toe en wragtag! hier kom die song terug. Obviously het Iemand anders nie vergeet van hom nie. So, ek neem hom toe sommer met my voice recorder op. Nou gaan ek hom nie sommer verloor nie. En as ek hom nou met jou deel, begin hy al klaar sy werk doen.
Jesus, in the morning
in the evening
I call Your name
and You hear me
and You lead me
in the truth of Your ways
Help me know what You need
Help me understand
Help me see what You see
in this broken land
Eenvoudig tog veelseggend genoeg dat dit nie nodig is om te verduidelik nie, maar ek wil tog 'n ou ietsie daaroor sê.
"Jesus, in the morning, in the evening"
Natuurlik moet 'n ou tussen die lyne lees, want tussen oggend en aand is daar 'n hele dag, en tussen aand en oggend is daar 'n hele nag, en dit moet 'n mens insluit in hierdie klein sinnetjie.
"I call Your name"
As ek sê "ek roep U naam", dan praat ek van die alledaagse klein goedjies van die lewe. Die onbewustelike keuses wat ek maak deur die dag: Hoe moet ek antwoord op die vraag? Moet ek hierdie taak aanpak? Hoe moet ek hierdie ou hanteer? Hoe moet ek hierdie ding sê?
Dit moet onbewustelik deel wees van ons alledaagse en ek voel as jy God een keer kans gegee het om hierdie besluite saam met jou te maak, dan begin Hy sy opinie gee sonder dat jy vra (dan raak dit onbewustelik).

"and You hear me"
Ek voel dit is so nodig dat ons onsself gereeld herinner daaraan dat God ons hoor. Hy druk nooit sy vingers en sy ore en sing irriterende deuntjies soos 'n stout kind as ons ons monde oopmaak nie. Hy luister altyd.

"and You lead me in the truth of Your ways"
As ek dit in afrikaans sê, klink dit baie swaar "en U lei my in die waarheid van U weë". Wat ek eintlik bedoel met hierdie reëltjie, is dat God my help om "real" te wees - opreg en eerlik.

"Help me know what You need"
God het eintlik niks nodig nie. Hy is immers God. Maar daar is sekere goed wat God nodig het, ek moet doen. Ek moet deurentyd vir myself vra of dit wat ek doen God se koninkryk opbou of afbreek. Wat het ek nodig om te doen of te sê of te gee wat hierdie taak gaan moontlik maak.

"Help me undestand"
In die woorde van 'n ou digter "Ons ken nou maar gedeeltelik, dit wat ons weet en verstaan, weet en verstaan ons slegs gedeeltelik. Eendag sal ons ten volle verstaan". So, as ek praat van verstaan, praat ek nie van hierdie groot verstaan nie (ek voel ons moet aanvaar dat daar sekere goed is wat ons nooit sal verstaan nie). Ek praat van verstaan hoekom ek doen wat ek doen. Ek praat van die klein goedjies, die alledaagse goedjies. Ek wil verstaan dat dit wat ek doen die koninkryk opbou/afbreek. Eenvoudig.

"Help me see what You see"
Ek lees nou die dag in 1 Samuel (toe God vir Samuel stuur om vir Dawid te gaan salf) dat God vir Samuel gesê het "Ek kyk anders na mense. Mense kyk na mense se uiterlike - of hulle sterk en groot en mooi is. Ek kyk na hulle harte."
So as ek vra dat ek wil sien wat God sien, dan wil ek eintlik net probeer om mense se uiterlike mis te kyk. Ek wil hulle harte sien.

"in this broken land"
Dit kan netsowel wees "in this Holy land", want as 'n MENS kyk na die Israeliete en hulle tog deur die woestyn, dan sien 'n mens 'n stukkende nasie, maar tog het God hulle afgesonder as 'n heilige nasie.
So, dalk vra ek eintlik dat God my help om in hierdie stukkende wêreld van ons die heilig raak te sien en die hart van die mensdom raak te sien.
Min woorde, die song van my, maar 'n diep diep betekenis. Ek dink dit gaan my gebed wees vir nog baie jare.

Deel gerus ook wat die woorde vir jou kon beteken. Ons elkeen verstaan mos maar anders.
Friday, July 1, 2011
Liedskryfkompetisie: Angel Music Studio Productions
Hoe om vir my liedjie te stem:
1. Gaan na Angel Music Studio Productions se Facebook Page toe. https://www.facebook.com/pages/Angel-Music-studio-Productions/110687982279940?ref=ts
2. Like hulle page
3. Scroll by die wall af tot jy die post sien met my song "Ek wonder hoekom"
4. Like die post.
Daarsy! En dankie by voorbaat.

Thursday, June 23, 2011
Bid... droom... skryf...
Ek het 'n song opgeneem en 'n Facebook Page opgestel vir my musieklikheid. Ek het gevoel dis tyd. Dis tyd dat ek iets anders doen met my talent as om om mooi liedjies in die kerk te sing. Natuurlik is daar niks fout daarmee nie, maar hierdie droom/gedagte brand al diep in my hart vir jare lank. So, ek gaan dit doen. Ek gaan my hart laat hoor deur meer as net die 4000 mense in my gemeente. Sjoe! Dit klink baie idealisties... kom ek vertel eers waaroor die song gaan, en dan babbel ek verder oor my toekoms met my musiek.
Titel: Ek wonder hoekom
Die vraag: Hoekom het God die aarde so mooi gemaak - die bome, berge, lig en donker, riviere, see en strand - en met Sy almal en genade aangeraak, en Sy seën daaroor uitgestort? En hoekom dan die mens gemaak, as ons als besoedel en opblaas soos dit ons pas? As God dan alwetend is, en kon sien wat ons met Sy 'masterpiece' gaan aanvang - hoe ons gate in Sy berge sou skiet met dinamiet om ons droom huisies te bou; hoe ons gif sou uitstort oor sy skepping en klein diertjies doodmaak wat ons irriteer; hoe ons die mees onherwinbare produkte op 'n streep sou produseer en weggooi sonder om twee keer te dink - hoekom het Hy ons dan op hierdie aarde gesit om te 'heers'?
Die antwoord: God het ons lief
Die song gaan ek inskryf vir 'n liedjieskryf kompetisie. En daarna? Ek's nie seker nie. Ek het diep gesprekke met John en Henry gehad (mooi mense; goeie mense; musikante) oor die musiek industrie. Hoe "crooked" die "system" is en hoe moeilik dit is om 'n bestaan te maak as musikant. Dit blyk dat 'n ou moerbaie geld en "contacts" moet hê, maar harde werk en talent het nie veel met die storie uit te waai nie. Tensy ek die lotto wen, gaan ek nog 'n rukkie vat om die "baie geld" te bekom. Maar dalk kan ek die kontakte opbou deur liedjies te skryf vir ander ouens.
Intussen, bid, droom en skryf ek. Waar ek kort kom met die nodige geld en kontakte, sal ek probeer opmaak met harde werk en talent. En as jy wil saam bid en droom... wie's ek om jou te keer? :)
Dankie vir almal se liefde en ondersteuning en motivering. Ek is 'n ryker mens deur die mense wat God my mee omring.
En natuurlik vir God se liefde, want daarsonder... woorde kan dit nie beskryf nie.
Besoek gerus my Facebook Page en luister na die song. Die lirieke is ook daar beskikbaar. www.facebook.com/franciscacarstens

Monday, June 13, 2011
'n Emmer water en 'n stukkende siel
Die gesegde "charity begins at home" het nog nooit lekker by my kom sit nie. Ek voel altyd half ongemaklik as ek hoor iemand raak dit kwyt. Dalk is dit oor ek voel ek het nie charity nodig nie. Ek doen goed vir myself. Ek het 'n huis, 'n kar, 'n werk, 'n lekker warm kombers en elke aand eet ek net wat ek wil. So, as ek hierdie gesegde hardop wil sê met al hierdie 'goeters' wat ek het, dan rattle my sinkplate (soos Ds Hansie sou sê).
Aan die ander kant, as ek dit in 'n meer abstrakte lig wil sien - as ek dit moet apply op 'n sielstoestand, 'n hartding, eerder as 'n geldding, dan kan ek die gesegde begin nader trek en myself toeëien.
Iewers in die hoërskool het 'n ding in my hart kom sit wat ek tot vandag toe nog gereeld oordra as die situasie hom daartoe leen: As ek nie eerste na myself kyk nie, is daar later niks oor om vir 'n ander te gee nie. Ek het al gehoor van 'goeie' mense wat hulle alies sien - wat uitbrand en omkap oor daar niks meer oor is om te gee nie. Dis net half logies - as jy 'n emmer water het, en jy hou aan om koppies water uit te skep en weg te gee, maar jy het nie 'n kraan waar jy die emmer kan voltap nie, sal jy op 'n stadium die bodem tref en dan het jy, en al die mense wat op jou water staatgemaak het, 'n moerse probleem.
So ek probeer om eerste na myself te kyk, seker te maak dat my siel versorg is en op 'n goeie plek is, voor ek 'n ander ou probeer help.
Op die oomblik sit ek met 'n effense krisis egter. My emmer is leeg, en ek kry nie die kraan oop nie.
En die ergste nog is, dat ek nie my emmer leeggetap het in ander se bekers nie. Ek het nie al my tyd en energie en kragte gewy daaraan om in iemand anders se lewe iets te beteken nie. Ek ook nie self uit die emmer gedrink nie, myself opgebou en iets met die water gemaak nie. Nee... die sielswater het bloot uitgelek in onkeerbare strome en druppel vir druppel verdamp.
Aan die ander kant, as ek dit in 'n meer abstrakte lig wil sien - as ek dit moet apply op 'n sielstoestand, 'n hartding, eerder as 'n geldding, dan kan ek die gesegde begin nader trek en myself toeëien.
Iewers in die hoërskool het 'n ding in my hart kom sit wat ek tot vandag toe nog gereeld oordra as die situasie hom daartoe leen: As ek nie eerste na myself kyk nie, is daar later niks oor om vir 'n ander te gee nie. Ek het al gehoor van 'goeie' mense wat hulle alies sien - wat uitbrand en omkap oor daar niks meer oor is om te gee nie. Dis net half logies - as jy 'n emmer water het, en jy hou aan om koppies water uit te skep en weg te gee, maar jy het nie 'n kraan waar jy die emmer kan voltap nie, sal jy op 'n stadium die bodem tref en dan het jy, en al die mense wat op jou water staatgemaak het, 'n moerse probleem.
So ek probeer om eerste na myself te kyk, seker te maak dat my siel versorg is en op 'n goeie plek is, voor ek 'n ander ou probeer help.
Op die oomblik sit ek met 'n effense krisis egter. My emmer is leeg, en ek kry nie die kraan oop nie.
Friday, June 10, 2011
'n Mediese Kondisie en Hoendersop vir die siel
Ek is siek... vrotsiek... snotsiek. Bronchitis sê my dokter, "Mediese Kondisie" skryf sy op my afboekbriefie. Punt is, ek is siek. Op enige ander dag sou ek bly wees om in die bed te lê, onder my vere duvet, op 'n koue Jo'burg winterdag, maar nie so nie.. nie siek nie. Dan is niks lekker nie.
My mentor/kopdokter het jare terug vir my gesê dat wat met jou lyf gebeur, 'n manifestasie is van wat in jou binneste aan die gang is. Nou lê ek en wonder watter deel van my siel besmet is met 'n pestelensie wat sal veroorsaak dat my lyf so vieslik rebelleer.
Ek het planne gehad vir die week. Ek het dinge gehad om af te handel, ander goed wat moes aanvang neem. Maar niks het gebeur nie. Ek het nog net gelê en hoes, en sweet, en bibber, en kreun, en siekwees.
Dalk vra my siel net vir 'n bietjie aandag, 'n bietjie hoendersop, 'n bietjie rus, 'n bietjie warmte. Terwyl ek wonder wat dit is wat my gestel so pootjie, is dit dan wat ek vir myself sal gun: 'n kans om te herstel. Ek hou myself warm, ek slaap wanneer ek so voel en eet hoendersop, want blykbaar help dit vir enige olikheid.
En terwyl ek slurp, laat gaan ek my gedagtes oor wat moontlik 'n hoendersoppie vir my siel kan wees.

Monday, May 23, 2011
Nagmaal: Eenvoudig & Alledaags
Toe Jesus destyds die nagmaal ingestel het, het hy brood gebreek en wyn geskink. Hoekom? Want dit was 'n alledaagse, eenvoudige maaltyd. Iets wat die mense van daai tyd gereeld geniet het. Hy het nie spesiaal laat brood bak en wyn pers vir die ongelooflike spesiale geleentheid nie. Hy het tien teen een aan tafel gesit, soos soveel male van tevore, en gedink "Hm... hier is mos nou 'n mooi teken. Kom ons gebruik dit om mense te herinner aan my Vader se genade, en my ultimate sacrifice".
Sy idee was dat ons aan Hom dink elke keer as ons brood breek / eet, en elke keer as ons wyn skink / drink. Hy wil hê in ons alledaagse, in die eenvoudigste oomblikke, dat ons steeds bewus is van Hom, dat ons onthou wat Hy aan die kruis vir ons kom doen het. Dit hoef nie 'n hoogsheilige oomblik te wees nie. Ons hoef nie, elke keer as ons 'n glas wyn drink, op ons knieë neer te val in aanbidding nie. Dit (volgens my verstaan) is nie wat Jesus in gedagte gehad het nie.
Dit gebeur mos so met ons... met smake en reuke veral. Ek dink dit is wat Jesus se idee was met die Nagmaal. Dat ons brood en wyn ('n alledaagse maaltyd) se reuke en smake sal assosiëer met Hom en dit wat Hy vir ons kom doen het. Dat ons bloot sal onthou, elke keer as ons saam met vriende sit en kuier om 'n glas wyn, elke keer as ons 'n lekker stukkie brood geniet, wie Hy is, hoe lief Hy ons het, en dat Hy nogsteeds teenwoordig is... in ons huise, aan ons tafels, tussen vriende.
Sy idee was dat ons aan Hom dink elke keer as ons brood breek / eet, en elke keer as ons wyn skink / drink. Hy wil hê in ons alledaagse, in die eenvoudigste oomblikke, dat ons steeds bewus is van Hom, dat ons onthou wat Hy aan die kruis vir ons kom doen het. Dit hoef nie 'n hoogsheilige oomblik te wees nie. Ons hoef nie, elke keer as ons 'n glas wyn drink, op ons knieë neer te val in aanbidding nie. Dit (volgens my verstaan) is nie wat Jesus in gedagte gehad het nie.
Kom ek probeer dit nog beter verduidelik. Toe ek op skool was, het ek en my ma gereeld gestop oppad huis toe van die skool af, om 'n vars brood te koop by die kafee 'n blok van die kerk af.. As ons by die huis kom, was ons gunsteling middagete 'n stukkie vars brood met Avokadopeer op. Tot vandag toe nog (en ek is seker dit sal my lewe lank by my bly), as ek avokadopeer eet, dan dink ek terug aan daai lekker eenvoudige middagetes saam met my ma.
Thursday, May 12, 2011
Ons oumas het so gebak
Ek dreig nou al van die naweek af dat ek gaan piesangbrood bak, want die piesangs wat mens by Spar koop, bly net mooi geel vir 3 dae. Toe hoor ek later by my moedertjie dat dit langer sou geel bly as ek dit nie in die yskas gebêre het nie. Ek dump maar als in die yskas, want as dit buite staan, muf dit of die miere vreet die goed op. Maar ek sal onthou vir volgende keer.
Terug by die storie. Ek het nou uiteindelik daarby uitgekom om die piesangbrood aan te pak gister. Ek't 'n resep by my liefste moeder gekry en toe ook ene by my super-moeder-sussie. Dis mos waar mens jou lekkerste resepte kry - by 'n ma - want hulle toets die goed op hulle kinders, en 'n kind sal vinnig vir jou sê as 'n ding nie lekker is nie. Ek sê altyd "As jy die waarheid wil hoor, vra vir 'n kind".
Op die oog af het die twee resepte vir my dieselfde gelyk (vanselfsprekend, want hulle kom albei van 'n ma af), behalwe dat sussie s'n 'n suurlemoensappie bykry. Dié lyk toe vir my heel lekker, en ek spring aan die werk gisteraand.
Oooooeeee! En het ek lekker gespeel! Ek was wit van die meel, en taai van die piesangs en suiker na die hele petalje. En was die gebak lekker? Jy vra nog! Ek moes wel die reseppie effens aanpas a.g.v. (on)voorsiene omstandighede. Hier volg my eie piesangbrood reseppie:
Bestanddele:
125 ml margarien (ongeveer)
250 ml suiker (ongeveer)
2 XL eiers
5 ml Vanieljegeursel (ongeveer)
500ml koekmeel (presies)
5 ml bakpoeier
1ml sout
5ml koeksoda (of nie)
250ml piesang, fyngedruk (4-6) (ongeveer)
30ml Vars Suurlemoensap (ongeveer)
Metode:
Sit die margarien in die miekie vir 'n paar sekondes op medium. Moenie worry oor afmeet nie. Skat sommer of gebruik wat oor is van die blok in die yskas. Sê vir jouself jy sal dit afmeet voor jy die suiker bygooi. Haal uit die miekie uit. Meet die suiker af. Kom agter jy het te min suiker, maar dis te laat om nou te worry. Gooi dit by die margarien. Krap in die kas vir nog suiker. Maak die suikerpot leeg in die mengbak. Begin klits. Onthou nou weer dat jy nie die margarien afgemeet het nie. Oh, well.
Room die botter en suiker: Klits eers met 'n handklitser tot die suiker en botter lekker dik aanpak, skraap dan af en haal die masjien uit die kas uit. Klits ordentlik. Voeg die geursel by. Gebruik sommer die doppie om af te meet. As dit 'n klein doppie is, gebruik sommer 2 doppies. Klits weer ordentlik.
Voeg die eiers een vir een by. Breek eers die eiers in 'n bordjie voor jy dit by die bottermengsel gooi, want die suiker is klaar... en die margarien ook. Jy't net een kans.
Klits dat dit klap na elke eier se byvoeging. Wonder tussenin die byvoegings wat is die verskil tussen 'n groot- en 'n ekstragroot eier.
Sif die meel en klits weer. Maak seker jy en die kombuis is lekker wit onder die meel.
Gooi die bakpoeier in. Wonder of dit ook gesif moes gewees het. Soek koeksoda in 'n huis waar daar nooit gebak word nie. Bel jou ma en hoor waarvoor 'n mens koeksoda gebruik as jy bak. Settle dan maar vir 'n dubbeldosis bakpoeier.
Kry die piesangs by die handlanger wat dit vir jou ge-"moesh" het in 'n roomysbak. Stry bietjie oor hoe groot die piesangs was voor dit ge-"moesh" is en of 12 piesangs nie dalk bietjie te veel is nie. Raak iets kwyt soos "Gaan dit nie dan te piesangrig wees nie?". Lag dat jy dubbelvou. Begin dit afmeet, besluit dis sommer nonsens. Gooi bietjie uit die roomysbak by die mengsel en die res van wat jy afgemeet het. Wonder vir 'n oomblik hoeveel jy nou eintlik bygegooi het. Nog 'n skeppie vir liefde. Stop voor daar 500ml bygegooi word. Sit die res van die gemoeshde piesangs in die yskas vir 'n melkskommel wat jy later gaan maak... of nie.
Kry 'n vars suurlemoen by 'n goeie pêl of pluk een van jou eie boom af. Druk hom uit binne die mengsel. Probeer die pitte vang voor dit inval, anders pik jy dit net weer uit.
Onthou nou weer dat jy nog nie die 2de lepeltjie bakpoeier bygegooi het nie. Wanneer jy die 2de lepeltjie bakpoeier bygooi, wonder of die lepeltjie wat jy gebruik presies 5 ml is, maar skud die gedagte vinnig af, want dis nou te laat vir worry.
Giggel in jou mou vir die borrels wat die bakpoeier maak as jy dit op die suurlemoensap gooi. Raak bietjie bekommerd oor hoe dit in jou maag gaan maak. Skud dit gedagte af, en meng vinnig voor iemand anders dit sien.
As jy nie 'n broodpan het nie, kry al die soorte en groottes muffin panne in die huis bymekaar, spuit dit met "Spray 'n Cook" of "Cook 'n Bake" (of "Cook 'n Spray" soos Ellené sou sê), en gooi die mengsel in die bakkies.
Sit die oond aan op 180 ºC. Bêre die muffin pannetjies onder 'n afdrooglap tot die oond warm is.
Voor jy dit in die oond sit, onthou jy wou eintlik neute bygesit het. Druk dan sommer 'n halwe neut in elk van die groter muffins. Doop dit "Nutty Surprise". Breek dan ook neute in die mengsel wat oorgebly het vir die tweede baksel.
Bak tot dit effens bruin raak bo-op. Druk 'n mes in elke liewe muffintjie net om seker te maak dis gaar. Dop uit op 'n rakkie (of iets) sodat dit kan afkoel. Proe een. Mmmm! Sit die tweede baksel in die oond. Proe nog een om seker te maak dis nog lekker as dit reeds afgekoel het. Mmmm! Voila! Piesangrigge-Nutty-Surprise-Piesangbrood-Muffins.
Onthou die volgende dag - terwyl jy blog oor jou resep - dat jy skoon vergeet het van die 1ml sout.
Toe my sussie van die petalje hoor op facebook, lewer sy kommentaar: "haha!!! Ons oumas het so gebak!" Nou toe nou! G'n wonder dis so lekker nie. Partykeer moet 'n mens maar die reseppie net as 'n riglyntjie hou en die gebak met liefde en gevoel aanpak.
Tot volgende keer... Bak met hart!

Wednesday, May 4, 2011
Verlore oomblikke
Almal veilig terug na die paasnaweek? Liewe krisis, maar die verkeer was erg!
Nou toe nou. Twee weke het verbygegaan na ek laas geblog het. Dit was 'n mal 2 weke. Kort opsomming: Ons het troue gehou saam met vriende, vir hulle gesing en daarna lekker gedans en gekuier tot wie weet watter tyd, toe breek Ellené haar been! In die paar dae wat volg, het ek haar dokter toe heen en weer gekarwy en hospitaal toe vir die operasie. Toe is ons met die gebreekte beentjie plaas toe saam met my ma-hulle. Heerlike rus-naweek gewees.
En hier is ons nou by vandag.
Ek het nou die dag sit en dink oor die blog-storie. Eintlik moet ek nie 2 weke wag om te blog nie, want dan hoop die stories so op dat ek nie weet waar om te vat en waar om te los nie. Dan loop ek die gevaar om als op een slag neer te pen. En g'n niemand lees my blog oor ek oulike boeke skryf nie! ;) So, ek belowe om meer gereeld 'n ou ietsie kwyt te raak, sodat ek nie vir julle boeke hoef te skryf nie.
Vandag se blog is sommer kort en kragtig.
Toe ek klein was en my Oupa Jan nog geleef het, was ons gereeld op die plaas, Susandale, anderkant Ellisras, duskant Botswana, in die hartjie van die Bosveld. Ons het elke jaar probeer om in die winter te gaan kuier om saam te jag, en ook vir Kersfees daar te wees. Daar het nie 'n jaar omgegaan dat ons nie plaas toe was nie.
Soos dit nou maar is met 'n vakansie/kuiertjie by familie of vriende, kom daar altyd 'n tyd om te groet. Dan staan ons almal in 'n ry en groet ons Oupa Jan daar op die grasperk voor die huis. Dan spring ons een-een in die kombie om die tog terug huis toe aan te pak - nie een van ons baie lus nie, maar die skool begin weer en ons gaan nie op ons eie leer somme maak en lees nie. So nou en dan het Oupa vir ons 'n geldjie in die hand gestop, sommerso in die groet, en dit soms laat lyk of hy dit vir my ma wil wegsteek. As ons almal in die kar is, vra my ma weer of ons mooi gekyk het onder die beddens en op die stoep en orals waar ons was, of ons al ons goedjies ingepak het, dan vertrek ons. Stadig by die hekke uit, waai-waai vir Oupa en staar die plaas agterna as ons die stofpad aandurf.
Dan hoor ek my ma snik. Dit was elke keer se storie. Soms sommer nog voor ons by die hek uit is, het my ma al die tissue by die neus. Dit het my altyd gepuzzle hoekom sy so huil as ons daar wegry. Wat het my ma so hartseer gemaak? Ek weet ek het haar al gevra, maar ek kan nie onthou dat sy ooit vir my gesê het nie. Dalk het sy iets gesê, of dalk het ek maar net op my eie oor die laaste paar jaar begin verstaan vandat ek in Johannesburg is.
Ek verstaan nou dat dit seker vir haar sleg was om so ver van haar pa af te bly. Dat dit terrible moes wees om hom net 2 keer 'n jaar te sien, en vir so 'n kort rukkie. Dalk het sy ook gedink aan al die oomblikke wat verlore gaan tussen die kuiers. En gesien hoe haar pa oud word, en gewonder hoeveel kuiers daar nog oor is.
Maar soos ek gesê het, dink ek nie my ma het ooit in soveel woorde vir my vertel hoekom sy so gehuil het nie. Ek weet wel dit: voor ek die snelweg tref in Toti, of voor my ma en pa by die hek uitry in Johannesburg, skiet my gemoed vol, en ek gryp vir 'n tissue, en ek dink aan al die oomblikke wat verlore gaan tussen die kuiers.

Tuesday, April 12, 2011
Check jy jou emails?
Ek moet vir *Vlooi dankie se vir vandag se topic. Dis te danke aan haar heel onaangename blaps vandag dat ek vanmiddag sit en bedink het hoe toe ons partykeer is.
Kom ek verduidelik. Die stomme mens het 'n e-pos geskryf en vir die verkeerde persoon gestuur. Soos dit is met Murphy se wet, het sy natuurlik iets oor die persoon gesê vir wie sy nou verkeerdelik die e-pos gestuur het. Ek het kliphard gelag toe ek die storie hoor, maar ek dink sy sal eers baie later hieroor kan lag. Dis nou Vlooi - ek dink nie die persoon vir wie sy die e-pos gestuur het, sal dit amusant vind, hetsy nou of later nie.
Ek is seker Vlooi is nie die enigste een wat so 'n storie kan vertel nie. Ons almal kan seker dink aan 'n soortgelyke storie wat ons oorgekom het. 'n SMS wat per ongeluk na jou ma toe is, instede van jou lover... imagine dit... nee, wag, moet liewer nie!
Vlooi... jy moet waaragtig nie eksepsie neem vandag nie. Ek is baie lief vir jou, vriendin. Jy't net my gedagtegang aan die roer gesit.
Nou-ja, laat ons uitkom by die eintlike storie. Net soos met die tegnologie (e-pos, sms, facebook, twitter), maak ons blapse met ons doen en praat. Ons kyk nie voor ons die SEND knoppie druk nie. Ons lees nie die goed deur en maak seker ons stuur dit vir die regte ou nie. Ons dink nie voor ons praat nie. Hoeveel keer het jy al 'n e-pos gestuur sonder die attachment. Ek doen dit gereeld. Nie net letterlik nie, maar figuurlik ook. Dan maak die boodskap wat aan die anderkant uitkom net glad nie sin nie - dis 'n halwe begrip. En as mens nie al die nodige inligting het nie, kan jy mos nou die verkeerde afleidings maak uit dit wat jy wel gekry het.
Natuurlik kan ek nou die anderkant ook speel. As jy die heeltyd moet check dat jy die regte recipients gecopy het, omdat die inligting tog net nie by die verkeerde persoon moet uitkom nie, dan moet jy dalk eerder weer die inhoud check. Tel jou woorde. Sit 'n wag voor jou mond. Hoe baie het ek nie al hierdie woorde gehoor nie. Maar natuurlik sal ons keer op keer weer in die strik trap.
Ek skinder nie. Maar ek doen. Ons almal skinder. En die wat se hulle skinder nie, skinder oor mense wat skinder. Ek weet dit, want ek doen dit. En, o behoede jou hart en siel as jy in die middel van 'n sin betrap word. Jy kyk die heeltyd oor jou skouer sodat die inligting nie by die verkeerde persoon beland nie.
Ek het ook al hoeveel keer myself vererg vir 'n e-pos wat ek van iemand af ontvang het. Dan begin ek sommer met 'n swets of twee die e-pos beantwoord. Nes ek voel ek het genoeg afgekoel, delete ek dit weer en begin oor. Maar wat maak ek die dag as ek per ongeluk die SEND knoppie druk? Gelukkig kan ons nog ons emails check voor ons dit stuur. Die probleem is wanneer jy 'n ding hardop gese het. Jy kan nie weer delete en oorskryf nie. Die skade is gedoen.
So, vandag het ek twee lesse WEER geleer:
1. Kyk voor jy stuur. Dink voor jy praat.
2. Moenie dinge kwyt raak wat jy nie vir enigiemand kan vertel nie.

Thursday, April 7, 2011
My suurlemoenboom
Ek gaan 'n suurlemoenboom plant. Ek gaan hom eers in 'n pot plant, sodat ek hom kan rondskuif en kyk waar hy dit die meeste geniet, en dan later as hy wil, sal ek hom in die grond plant.
En as jy nou vra "'n Suurlemoenboom van alle dinge?", dan gaan ek vir jou sê hoekom. Ek glo 'n ou se tuin moet vol goed wees wat jy kan gebruik. Wat is die use van 'n tuin wat vol mooi blommetjies staan, en al wat jy met die goed kan doen, is om vir dit te kyk en te sê "Haai, Blommie! Kyk hoe mooi glimlag die goedjies vir my vandag. Ek gaan vir Koning Rosedoring oornooi vir tee om ook te kom kyk na my mooi blommetjies". Booooooooring! Pluk liewer 'n suurlemoen, sny hom in skywe, gooi sout en sluk 'n tequila.
Ek het peppadew pitte ook. Ek gaan hulle ook plant. En dan is daar natuurlik die kruie wat ek wil inwerk, en die groente. Ek wil 'n tuin hê waaruit ek kan kosmaak. Imagine dit! Om 'n maaltyd voor te sit met goed wat net uit jou tuin uitkom.
Kom ons raak bietjie diep filosofies...
(*** Jy kan die deel skip as jy wil... lees weer verder by die volgende stel sterretjies ***)
Jy sien, ek voel jou lyf/lewe/siel/bestaan (ag krisis, wat is die woord wat ek soek? kom ons noem dit maar jou bestaan - alles wat jy is, alles wat jou maak), kan verteenwoordig word deur 'n tuin. Deesdae is daar soveel kits oplossings daar buite beskikbaar, dat dit nie meer nodig is om jou eie groente te plant nie. (dink nou diep!) Ons het lui geraak met Google en Fruit & Veg. As jy nie weet nie of het nie, dan vra of koop jy. Ons spandeer 'n klomp geld en tyd op verrykingskampe en motivational speakers, in die hoop dat hulle die antwoord gaan hê, sodat ons nie self die werk hoef te doen nie.
Die groot probleem wat ek het met antwoorde kry by ander mense, is dat ek nie altyd weet hoe om dit toe te pas in my eie lewe nie, en sit dan later met 'n groter gemors. Dis soos om 'n suurlemoenboom te kry, en hom te gaan plant op die verkeerde spot in die tuin. Alhoewel hy nou daar staan, sal hy nie noodwendig oorleef en vrug dra nie. Jy moet die antwoord eers in 'n pot plant en rondskuif in jou eie tuin, dat jy kan sien waar hy die beste werk.
En aan die ander kant kry jy ouens wat net deur die lewe cruise - gewoonlik baie buff en bietjie lighoofdig (ek hoop my simpel grappies vat darem grond) - wat blommetjies galore in hulle tuine het... lyk baie mooi, maar beteken absoluut boggerol vir hulself en die mensdom. Dit wil 'n mens ook nou nie hê nie.
Ek het myself nou skoon deurmekaar gebabbel. Ek hoop ek het darem my punt duidelik genoeg oorgedra.
(*** back to reality ***)
So, ek gaan begin met my suurlemoenboom (letterlik... ons is nou vir eers klaar met die confusing metafore). En hopelik voor ek my oë uitvee, het ek 'n tuin wat blink van usefullness (dalk is hier tog nog 'n metafoor). En as ek moeg raak vir my roos- of laventeltee, het ek 'n suulemoenskyfie vir 'n stywe tequila!
Bottoms up!

Wednesday, April 6, 2011
0.7kg ligter!
Daar is 'n goeie rede hoekom ek nie gister geblog het nie. Ek was besig, en toe was ek moeg.
Jy sien, ek het gistermiddag na werk my Wii Balance Board met Wii Fit Plus gekry... plus nog 2 ander games ook - My Personal Trainer: Cardio Workout & NewU ietsie ietsie (het nou nie die ding se naam voor my nie - hy's in elk geval nog nie oopgemaak nie... was te moeg). Dalk bietjie over kill met die klomp ekstra games, maar ek voel as 'n mens 'n ding wil doen, dan doen jy hom ordentlik!
Vanaand het ek weer geboks (dis nou die Cardio Workout)... die keer met 'n bietjie meer ywer, en laat ek nou vir jou vertel: daai ouens wat sê die Wii Fit is 'n foefie, kan gaan vlieg. Ek het behoorlik gesweet, en as jy die ding se program volg, dan laat hy jou skuldig voel as jy wil stop halfpad, so jy hou vol en druk deur. Met my fiksheids level, het die outjie my gedruk tot kort duskant miltsteek.
Blykbaar is my balans ook 'n bietjie af, ek lê so bietjie op my linkerbeen, maar met die yoga oefeninge (volgens die make-believe instrukteur), behoort dit sommer vinnig vinnig reg te kom. Ek het 3km op 'n fiets gery (eintlik net in die lug getrap), 'n skaatsplank bemeester (soortvan), 'n snow board by 'n berg afgestuur (glad nie reguit nie), 'n sneeugeveg gehad, ge-hula-hoop, aerobics gedoen dat ek simpel lyk... en dis nie helfte van die goed wat ek aangevang het in die laaste 2 dae nie. Ek trek wel die gordyne toe as ek my boude begin wikkel, want ek glo daar is niks flattering vir die bure as ek rond-wobbel op my Balance Board nie.
Ek's excited oor die storie, man! Kan jy glo, tussen gister en vandag, is ek al reeds 0.7kg ligter?! Volgens die masjientjie, is dit 'n druppel in die emmer, maar ek sê "dis 'n begin". En ek voel dit aan my lyf. My arms, my skouers, my boude, my bene, my maag, my rug - al die spiere in my lyf is daai lekker oefenstyf.
Ek hou nou eenmaal nie van hardloop nie (dis in elk geval sonde - daar staan in Spreuke: "Net 'n dwaas hardloop as niks hom jaag nie", en daar is niks wat my jaag nie), en ek is heeltemal te selfbewus om in 'n gym te gaan vetskud voor 'n klomp vreemde mense. So, die lawwe speletjies voor die tellie werk vir my.
Ek's op 'n mission, en hierdie is my eerste stappie... en wat 'n lekker stappie is dit nie!

Monday, April 4, 2011
Smartie se soektog
Vandag deel ek een van die duisende prekies wat ek so nou en dan vir myself sommer kliphard preek in my kar oppad huis toe.
Ek het al hoeveel keer gehoor dat iemand na God soek - by my vriende, in die kerk, in selgroepe... you name it. Mense skryf songs daaroor, gedigte, preke, bybelstudies. Almal met wie ek al gepraat het, het of self gesoek na God of het al gehoor van iemand wat soek na God.
Wat beteken dit om na God te soek? Kruip Hy vir ons weg? Speel my God met my hide-and-seek? En as jy sê jy soek na God, waar soek jy? Waar begin 'n mens soek na God?
Elke keer as ek die woorde "soek na" en "God" in die dieselfde sin hoor, dan giggel ek in my binneste. Want ek het nou al my mind opgemaak oor hierdie "soeke na God", en ek gaan my bes probeer om dit in die blog te verduidelik.
As ek hoor iemand "soek na God", dan gebeur daar iets vreemds in my kop. Een van die random video's wat deel uitmaak van my "storie", begin sommer outomaties in my kop speel.
Picture if you will...
Hier volg die storie van Smartie, die Smartie mannetjie van Smartieland.
Smartie hardloop half verward rond in Smartieland - oor die berge en deur die valleie. Hy swem deur die groot Smartieriver - duik af tot hy die bodem kan voel, en kom uiteindelik op as hy uit asem raak. Dan klim hy weer die hoogste berg, die infamous Smartieberg, tot heel bo, en uiteindelik is hy weer af aan die ander kant. Hy klim in elke smartieboom, en as hy weer afklim, skud hy die boom nog 'n paar keer voor hy aanbeweeg na die volgende een. Elke smartierots word opgelig en rondgeskuif, en as hy 'n oop stukkie veld kry, grou hy 'n gat tot jy nie meer sy smartie-oortjies kan sien uitsteek nie. En as hy na 'n geswoeg uit die gat kom, gaan grou hy die volgende een.
Hy keer behoorlik Smartieland op sy kop. Alles is onderstebo en deurmekaar. Dit lyk of 'n orkaan deur Smartieland gevee het.
Op eindelaas, moedeloos, doodmoeg en half verslaan, stap hy na die laaste boom in Smartieland. Onder die boom sit Smirlin, die slimste wyse gryse smartie in die hele Smartieland. Smirlin hou nou al vir Smartie dop van waar hy die eerste smartieblommetjie uitgeplik en rondgeskud het. En hier staan Smartie nou reg voor hom. Die sweet loop in strome teen hom af. Waar hy 'n bloedrooi smartie was aan die begin van sy tog, is hy nou al 'n vaal pienk soos die sweet hom afgewas het. In sy oë sien Smirlin dieselfde wanhoop wat hy al hoeveel keer teëgekom het in ander jong smartie mannetjies. Hy beduie dat Smartie moet sit en vra vir hom hoekom hy lyk soos hy lyk.
As Smartie sy asem terugkry, begin sy lip skoon bewe en hy prewel wanhopig "Ek... soek.. oom Smirlin". Smirlin knik, want hy verstaan - hy het die storie al 'n 100 keer gehoor - maar hy vra tog vir Smartie wat dit is wat hy soek. Teen die tyd is Smartie behoorlik aan die huil, maar tussen die snikke deur, kry hy tog die woorde uit. "E-e-ek s-soek... 'n s-s-smartie!..."
Ek weet wat jy nou dink. Smartie klink 'n bietjie stupid. Hoekom sal jy 'n smartie soek in Smartieland as die hele plek van smarties gemaak is. Smartie is dan self 'n smartiemannetjie. Hoe kyk hy dan al die smarties mis as hy die hele Smartieland omdolwe?
Belaglik?
Dis hoe ek voel oor die "soeke na God". Absoluut belaglik. God kruip nie weg nie.
Dit laat my nou dink aan die oudste storie in die Bybel. Die ene van Adam en Eva. God het saam met die mens gewandel in die tuin van Eden. Gereeld het Hy deur die tuin geloop en geselsies gehad met Adam. Adam het nooit nodig gehad om God te soek nie, Hy was net altyd daar.
Dan ontmoet Eva die slang, sy vat 'n hap uit die verbode vrug en gee vir Adam ook 'n stukkie. Ons almal ken die storie. Hulle besef toe hulle is kaal, stik klere uit blare aanmekaar en kruip agter die bome weg. As God dan deur die tuin kom wandel, roep hy na Adam. "Adam, waar is jy?"
My verstaan dus oor die soeke na God, na aanleiding van die storie, is dat God na ons soek - nie anders om nie.
Ons kruip weg, meestal oor ons skaam is oor iets wat ons gesê het, of gedoen het, of gedink het, of nie gedoen het nie. Ons kruip weg as ons God nie in die oë kan kyk nie. Maar God is orals - alomteenwoordig, selfs binne my - en Hy wag geduldig vir my om te sê "Hier is ek, Here".

Sunday, April 3, 2011
Begin by die begin
Soos belowe in my eerste blog, het ek begin om my studeerkamer uit te sorteer. Ek's nog nie naby klaar nie, want alhoewel ek nou voor my rekenaar in my studeerkamer sit en blog, staan daar nou 'n klomp bokse in die gang en in El se kamer wat nou moet gesorteer word. Bokse gelabel "ou klere", "random kombuis crap", "badkamer crap", "bere stuff". Alles goed wat ons nog nie nodig gehad het nie, maar ook nog nie weggesmyt het nie. En natuurlik vind 'n mens 'n klomp goed in sulke bokse wat jy van lankal af soek, en eintlik vergeet het jy het dit.
Ek hoor baie keer mense sê dat hoe jou kamer/huis lyk, is 'n refleksie van wat in jou siel aangaan. Bogstorie? Nie vandag nie... vandag glo ek daai uitdrukking. Vandag is dit waar van my studeerkamer en my siel.
Iewers oor die laaste paar jaar, het ek 'n klomp goed diep in my weggebêre in karton bokse. Ek is nie helemal seker hoekom nie - ek't seker gedog ek hou dit veilig vir eendag. Eendag het nou aangebreek. Soos ek my studeerkamer nou stukkie vir stukkie aanmekaarsit, bokse uit pak en rakke regpak, begin daar iets in my siel roer.
Die volgende vraag, na 'n mens so besluit gemaak het om uit te sort, is gewoonlik: "Nou waar begin ek?" En mense, wat dink hulle is slim, se simpel antwoord is gewoonlik: "By die begin". Dankie vir niks! As jy nie weet waar die begin is nie, dan help dit mos nou boggerol. So, hier is my resep. Maak 'n spreekwoordelike lysie, sorteer hom dat die belangrikste goed bo lê (die goed wat jy nie wil los vir laaste nie), en merk dan af soos jy vorder - moenie die lysie te volledig maak nie, want anders is dit net depressing om deur te werk. My studeerkamerlysie:
Maak die kamer leeg
Vee uit
Stof af
Stel die rekenaar op
Sit die stoel aanmekaar
Blog
Maak 'n volgende lysie
;) Daarsy!
Die lysie om my siel af te stof, is 'n bietjie meer eenvoudig (in 'n mate). Daar is net 2 goed op my lysie sover:
Maak 'n bucket list
Tackle die ander goed
Wat die ander goed is, hoop ek sal vir my duidelik word soos ek my bucket list aanmekaarsit. 'n Bucket list is mos nou daai lys van goed wat jy wil doen voor jy die emmer skop. Travel, trou, kinders hê, bungee jump, snow board, 'n formule 1 kar jaag, seks in 'n aantrekhokkie by Meltz... ek dink dis die tipe goed wat mens op die ding sit.
'n Groot probleem wat ek het, is om heeltyd te sit en tob oor alles wat ek al wou bereik het voor ek 30 is, maar dan vergeet ek van al die goed wat ek al reeds kan afmerk. So, my bucket list gaan hopelik 'n paar merkies teenoor van die items hê sommer aan die begin reeds. Natuurlik vergeet 'n mens ook om goed aan te pak as dit nie op die lysie is nie. En as jy jou oë uitvee, het 5 jaar verbygegaan en jy sit nogsteeds waar jy sit, want daar is mos nog baie tyd.
Ek sien hierdie journey van ontbloting en ontnugtering, gaan baie meer exciting wees as wat ek aanvanklik beplan het.
Here's to new beginnings and happy endings, good friends and fine wine and everything else in between that makes the journey worthwhile!

Saturday, April 2, 2011
Dit kon soveel erger gewees het
Elke vrydagaand in ons huis, is hamburger-aand. En elke verskoning wat ek kan kry om die braai te benut, is 'n goeie verskoning. So, ons koop nie karton boksie hamburgers by Checkers nie. Ons koop ons patties by Fruit & Veg.. die chargrill patties. En dan word die patties ge-chargrill op die braai, want daar is darem maar niks lekkerder as 'n kuiertjie om die vuur nie. Veral in ons lapa.
Vandat ons hier ingetrek het, het ons nog nooit mense in ons huis onthaal nie. Hulle stap by die voordeur in, deur die eetkamer en die sitkamer, uit by die skuifdeur in die lapa in. En daar sit ons en kuier tot die mense weer moet ry. Die kos en die drank en die glase - alles word uitgedra. Die yskas in die lapa is altyd tjok en blok met koeldrank en drankies. Die enigste ander tyd wat iemand in die huis kom, is as daar gepiepie moet word. Tot gisteraand...
Ek het die vuur vroeg aan die gang gekry, want daar is niks so sleg as mens eers 10uur op 'n vrydagaand eet nie. As die mense kom, gaan ek die patties op die vuur sit, dan gaan ons hamburgers (frikkadelbroodjies) bou en lekker kuier in die lapa tot ons omkap van moegheid. Die vuur het nog so 20 minute gehad om te gaan voor die hamburgers moes op, toe die mense opdaag. Deur die eetkamer, deur die sitkamer, uit by die skuifdeur lapa toe. En daar nuttig ons toe ons eerste drankie. Net toe ek begin dink die conversation kort 'n hupstootjie, sien ek Riaan se oë so groot soos pierings flits in die rigting van die braai, "O, hel! Het jy 'n brandblusser?!".
Hy was nog in die helfte van sy sin, toe het die blusser. 'n Klomp goed flits deur my gedagtes. Wanneer laas is die ding gediens? Werk hy ooit? Hoe werk hy? Ek het nie gebly om uit te vind nie. Terwyl Riaan en Jako met die rooi stuk blik begin karring, het ek en El gehardloop vir die tuinslang. Vir wat is daar nie 'n kraan aan die agterkant van die huis nie?! Eers maak ek 'n emmer vol water, maar ek besef vinnig die storie gaan nie werk nie. Toe ek met die tuinslang uitkom, is almal in die lapa spierwit. Obviously het hulle die brandblusser aan die werk gekry.Daar hang 'n verstikkende wit wolk in die lapa. En ek spuit met die tuinslang als nat wat lyk of dit kan brand. Nodeloos om te sê, dit was 'n groot gemors toe ek vanoggend weer gaan kyk na die spulletjie. Binne sekondes het die vuur teen die dak opgeloop (aan die binnekant) tot amper in die nok. Binne sekondes het ons die vuur geblus gekry.
Maar dit kon soveel erger gewees het.
Vandat ons hier ingetrek het, is Ellené paranoies oor die braai in die lapa. Haar paranoia het my nou aangesteek (pardon the pun).
Ten minste het die petalje gesorg vir 'n bietjie opwinding vir wat andersins 'n baie droeë, unhappening aandjie kon wees. Patties in die oond, glasies weer volgemaak, kuier ons toe die res van die aand in die huis. Ek dink ons gaan vir die volgende ruk 'n paar kuiertjies in die huis hou. Ek is nog lank nie genees van ons weeklikse intelling van hamburger-aand nie, maar daai chargrill patties is toe nie so bad in die oond gegrill nie.
Ek het min geslaap gisteraand. Dit kon soveel erger gewees het!
Friday, April 1, 2011
Hulle almal is dieselfde...
Ugh! My hart sit nou saam met my moed in my skoene oor mense se hartelose onmenslikheid en onwilligheid om hulle minds oop te maak vir enigiets behalwe hul eie opinie.
Ek het heel onskuldig gaan staan en rook nou net. Daar bo gekom het 2 kollegas mekaar raakgeloop. Die een (kom ons noem hom Piet) is 'n 50-jarige wit afrikaner man. Die ander (ons noem haar sommer Karen) is 'n 25-jarige wit afrikaner meisie. Net vir die rekord, ek is 'n amper 30-jarige wit afrikaner vrou.
Dis die agtergrond. Nou vir die storie.
Ek het iewers in die middel van die gesprek op hulle afgekom en net die volgende woorde gevang "..liewe hemel, Piet, die fokken goed is almal dieselfde." en Piet antwoord "Ja jong, 'n kaffer was nog nooit 'n mens nie.. sal ook nooit wees nie". Ek het nie nodig gehad om nog 'n woord verder te luister om te weet dat ek by hierdie gesprek nie wil betrokke raak nie. So, ek gaan staan toe maar eenkant en rook my rokie in stille verslaenheid. Terwyl ek teug aan my stokkie, luister ek na die emosie-belaaide gesprek tussen 2 uitgesproke rasiste, en die woede en hartseer en allerhande ander deurmekaar gevoelens wel in my op. Ek dink aan 'n honderd goed wat ek vir hulle kan sê om hulle stil te maak, maar ek weet niks gaan help nie. Ek is in elk geval nie gebou vir konflik nie.
Ek hoor hoe hulle praat oor hoe die "goed" (dis nou swart mense) wat steel en moor en verkrag, en hoe 'n mens nooit hoor van 'n wit man wat 'n swart meisie verkrag nie (dis blykbaar Steve Hofmeyer se woorde in 'n '3rd Degree' onderhoud). En elke 2de verwysing na die "goed" verander in die k-woord net vir ekstra klem... bietjie oemf in die oomblik.
En nou sit ek terug by my tafel, en ek kry skaam. Skaam vir myself oor ek niks gesê het nie. Skaam vir 'n 25-jarige meisie wat vasgevang is in haar ouers se onmenslikheid. Jammer vir haar dat sy hulle kak op haar skouers moet dra, maar ter selftertyd die moer in vir haar oor sy nie vir haar self kan dink nie. In 'n mate kan ek nog Piet se agressie verstaan. Hy't grootgeword in 'n ander tyd. Die system het hom opgefok, en vir hom om nou te begin anders dink, is seker baie gevra.
Ek dink die labelling van ander mense sit bietjie naby aan my lyf. Dis dalk hoekom my hart so bloei vir die darkies met wie ek te doen kry. Ek dink in baie gevalle dat die woorde, "hulle is almal dieselfde", hulle minds ook so opgeneuk het dat hulle actually glo hulle sal nooit iewers kom nie. Dat hulle voel hulle moet nou maar join in die stelery, want dit word van hulle verwag.
Ek weet dit sal nooit gebeur nie, maar sal dit nie awesome wees as die dag aanbreek dat ons almal ons boksies op 'n hoop verbrand nie? Die boksies waarin ons ander mense plaas.
Swartmense is nie mense nie
Swartmense steel, moor en verkrag
Swartmense is dom
Witmense is rasiste
Gays is promuskuees
'n Gay man is 'n fairy
'n Lesbeen vrou is butch
Studente is dronkgatte
Mense wat in Sandton bly, is hoogmoedig
Mense wat in Boksburg bly, is kommin
Girls met blonde hare is dom
Middeljarige afrikaanse vrouens is naief
Mense wat kerk toe gaan, is skynheilig
Mense wat nie kerk toe gaan nie, is ver van God af
Mense met baie geld ken nie liefde nie
Voeg maar jou eie labels by die lysie. En gooi dit op 'n hoop om te brand, want labels fok mense op! Asof die system nie screwed up genoeg is nie, klim ons as individue ook op die band wagon en speel lekker saam.
Party van ons oor ons saampraat en labels plak, ander van ons oor ons stilbly...

Wednesday, March 30, 2011
Sê nou net
My eerste blog inskrywing moes al lankal gepublish gewees het, ek weet. Ek sit met hierdie space waar ek kan create, vent, preach en sommer net share, maar dis 'n empty space. So, vandag word hy gevul.
Daar is 'n miljoen goed wat in my kop maal - stories, gedigte, songs, sommer random woorde - maar die oomblik as ek tussen mense is, is my bek stil. Of selfs hier op my blog. Ek kan vir jou baie oulike goedjies uitdink, maar om een of ander rede sukkel ek om dit te share. Hoekom?
Ek sal my eerste teorie deel vandag. Ek is bang vir rejection. "Jy?!" sal baie mense seker nou sê. "Jou hare, jou aksies, jou leefstyl, jou praat, jou songs... die goed vertel 'n ander storie - nie een van bangwees nie." Maar dis nou hoe dit is. Mense vra my gereeld - genoeg dat dit begin pla - "Wanneer bring jy 'n CD uit?", "Wanneer hoor ons jou op radio?", "Hoekom sing jy nie professioneel nie?", en die default antwoord: tekort aan TYD en GELD. Maar eintlik is dit 'n airy fairy bullshit storie daai. Mens maak tyd, en jy knyp geld af. Die eintlike regtige ware rede, as ek nou 100% eerlik met myself en julle moet wees...
Sê nou net hulle hou nie van my nie, of van my stem nie, of van my song nie, of van die woorde van my song, of of of... Ek is freakin' kakbang vir negatiewe feedback.
Nou hoe nou gemaak? Wat moet in my lewe gebeur dat my verwerpingsangs die pad vat? Moet nou nie comments los oor hoe mooi ek sing nie, asseblief. As dit nou al vir jare nie help nie, dink ek nie jou comment oor hoe wondelike talent ek het, gaan die deurbraak vandag maak nie.
Mmmmmm... ons sit met 'n catch 22.
Ok, hier is wat nou gaan gebeur. Ek gaan my studeerkamer organiseer. Dis die eerste stap. Ek weet dis kripties, maar dis hoe dit is. Hoe meer ek share, hoe meer onrustig raak my siel oor die hele situasie. So, voor ek die pad vat oor ek nou weer myself wil oorgee aan die bang-gat-geit, gaan ek die stappe so maklik en eenvoudig en haalbaar as moontlik maak.
Want sê nou net my moed begewe my weer...

Subscribe to:
Posts (Atom)